Monday, May 21, 2007

Van ‘n Ma aan ‘n dierbare seun

Ek het die vers vir jou geskryf verlede jaar op jou 30ste verjaarsdag.
Hiers is dit uit die hart.

“Sneaky.”
Peter- John Raymond Lightfoot
Vir jou 30ste verjaarsdag

Ek maak my oë toe en ek sien
‘n bruin gebrande seuntjie, om en by tien
Met groot bruin oë en ‘n helder verstand
en ‘n blom vir my in jou hand

Ek maak my oë toe en ek sien
‘’n tiener seun van sewentien
Met doef doef klanke van jou musiek
met ritme, pols en vreemde liriek

Ek maak my oë toe en ek sien
‘n man wat reeds sy geld verdien
en iewers weet ek langs die pad
het ek en jy hande gevat.

……want my oë is oop en ek weet
die waardes waaraan jy die lewe meet
dus is ek innig dankbaar teenoor die Een,
vir jou, my dierbaar, bruinoog seun.

2 comments:

Gypsy Purple said...

Stunning!!!!!
Ek het sommer so `n knop in my keel en `n outraantjie in my oog...pragtige woorde.....
Ek is net so lief vir home en waardeer hom ook vir wie hy is en ook vir wat hy vir my peetma & sy sus sy lewe deur gedoen het...en natuurlik was hy my meisiekind se eerste "crush"...hoe precious was dit nie.....

IndigoGirl said...

'n Beter broer gaan jy baie sukkel om te kry! Trust me, ek praat uit experience... DIS MY BOETA DIE!!!